Onlangs tref ‘n moerawiese golf huimweë my. Ek sit toe en staar na die muur terwyl ek terugdink na my gunsteling kindertyd herinneringe en vergete musiek uit die verlede. Ek het “As jy Sing Full Movie” in YouTube ingetik en die film geniet terwyl ek terugflitse gehad het van ‘n eenvoudiger tyd.

Een op ń tyd in ons lewens was “eendag” en “grootword” net idees – nie tye, plekke of gebeurtenisse nie. Vandag het dit realiseer. Ons is geregisteer vir matriek eindeksamen, ons ken ons ID nommers uit ons koppe uit en ons bestuur op regte egte paaie, universiteit aansoeke is oop, matriekafskeid het ‘n datum en ons benader die halfjaar eksamen volspoed.

Dit is die begin van die einde. Nie net die einde van hoërskool nie, maar ook kindwees.

Ek dink wat ek aan my mede-matrieks probeer sê is…dis tyd. Eendag het gekom en ons het groot geword en al wens ‘n deel van my dat ek net so bietjie langer in die bubbel van kindwees kan bly, is ek ook opgewonde.

Ek is opgewonde vir myself en al die ander Namie graad 12’s. Ons het saam hierdie hele hoërskool ding aangepak en ons gaan dit saam klaarmaak. Ek is nie 100% seker wat daarna gaan gebeur nie – ons almal gaan in ons eie rigtings gaan en ‘n nuwe definisie vir “eendag” kry.

Ons het dit tot hier gemaak. Ons almal stap saam deur hierdie stukkie van ons lewenspaaie en daar wag ‘n styl bult vir ons, maar saam is ons sterker. Vier die klein goedjies en moenie te mal raak oor die groot goedjies nie, kom ons druk deur vir die laaste bietjie en maak klaar waarmee ons almal saam begin het – of as ‘Blobbies’ in 2021 en die wat in tussen bygekom het – dié is die lig aan die einde van die tonnel.
Benita Pretorius