Aan die voornemende Graad-12 klas van 2029.

Die visie van Hoërskool Dinamika is om alle leerders te bemagtig vir hul toekoms.Om leerders te bemagtig vir hul toekoms fokus Hoërskool Dinamika op akademie, dissipline en die holistiese ontwikkeling en opvoeding van elke leerder wat deur die hekke van Dinamika stap.

Die groot fokuspunt in die onderrig en opvoeding van die leerders is gefundeer op ‘n Christelike waardesisteem.