Hoërskool Dinamika vier hierdie jaar hul dertigste bestaansjaar. Hoërskool Dinamika het onstaan nadat Hoërskool Palmietfontein en Hoërskool Die Varing saamgesmelt het in Oktober 1993.
In skoolterme is Hoërskool Dinamika ‘n relatiewe jong skool. ‘n Jong dinamiese skool met ‘n groeiende tradisie. Die tradisie wat gebou word deur passievolle personeel, talentvolle leerders, ondersteunende ouers en gemeenskap.
Hoërskool Dinamika het van ‘n enkelmedium-skool beweeg na ‘n parallelmedium-skool, ‘n hoërskool vir die gemeenskap.
Hoërskool Dinamika se visie is om leerders te bemagtig vir hul toekoms.
Hoërskool Dinamika se visie en missie is gefundeer in die volgende beginsels: Akademie, Dissipline, Holistiese Ontwikkeling en Waardes.
Die onderskeidende faktor is dat elke leerder op alle tereine blootgestel word aan die beste infrastruktuur, spesialis-onderwysers/-afrigters en geleenthede om op die hoogste vlak te kan kompeteer.
Met die visie as baken funksioneer Hoërskool Dinamika as eenheid met hul vennote in die onderwys om ‘n daadwerklike verskil te maak in elke leerder se lewe om hul rol in die samelewing te vervul.