ONS GESKIEDENIS | OUR HISTORY

1993

In 1993 het Hoërskool Palmietfontein en Hoërskool Die Varing besluit om die proses van samesmelting te begin. Daar is besluit dat Hoërskool Die Varing se gebou as die nuwe skoolgebou sou dien. Die nuwe skool het sy deure aan die begin van die 4de kwartaal op 6 Oktober 1993 geopen met amper 900 leerders. Met mnr A Bouwer aan stuur as hoof. 

In 1993 Hoërskool  Palmietfontein High School and Hoërskool Die Varing High School decided to start the process of merging. It was decided that Hoërskool Die Varing’s building would serve as the new school building. The new school opened its doors at the beginning of the 4th term on 6 October 1993 with almost 900 learners.  Mr André Bouwer is the first acting principal for Hoërskool Dinamika.

1994

Mnr Dieter Bӧhmer is aangestel as die eerste permanente hoof van Hoërskool Dinamika. Mnr Bӧhmer was baie ingestel op akademie, Christelike waardes en dissipline.

Mr Dieter Bӧhmer was appointed as the first permanent principal of Hoërskool Dinamika. Mr Bӧhmer was very focused on academics, Christian values ​​and discipline.

2008

Mnr Vollaard is aangestel as Hoërskool Dinamika se tweede hoof. Mnr Vollaard was ‘n mense mens, wat vir sy personeel en leerders omgegee het. Hy het ‘n groot liefde gehad vir sport.

Mr Volhaard was appointed as Hoërskool Dinamika’s second principal. Mr Volhaard was a people person, who cared about his staff and learners. He had a great love for sports.

2016

Mnr Schutte word aangestel as die waarnemende hoof vir Hoërskool Dinamika. Mnr Schutte se eerste groot verandering is om die skool ‘n parallelmedium skool te maak, om aan te sluit by die skool se missie, om Hoërskool Dinamika ‘n meer toeganklike skool te maak in vir leerders in Alberton.

Mr Schutte is appointed as the acting principal for Hoërskool Dinamika.Mr Schutte’s first major change is to make the school a parallel medium school, to connect with the school’s mission, to make Hoërskool Dinamika a more accessible school for learners in Alberton.

2017

Mnr Schutte word bevorder na permanente hoof. Mnr Schutte is vanaf sy aanstelling ingesteld op infrastruktuur in die skool, hy het dus projektors in elke klaskamer in instaleer, om te verseker dat die akademiese infrastruktuur van top gehalte is. Hy was ook ingesteld daarop om spesialis-onderwysers en sportafrigters aan te stel. Mnr Schutte glo om vir sy personeel en leerders geleenthede te gee vir groei in akademie, sport, leierskap en kultuur.  Mnr Schutte glo in meer as onderrig en opvoeding, hy glo elke leeder moet sy/ haar plek in die samelewing kan volstaan. Dus het Mnr Schutte die skool begin bestuur op die volgende 4 pilare: Akademie, dissipline, holistiese ontwikkeling en Christelike waardes.

2022

Die skoollied is herskryf in Hoërskool Dinamika se twee tale van onderrig. | The school anthem is re-written in Hoërskool Dinamika’s languages of learning and teaching.

Die V-blok is gebou in 2022 om vir die stygende getal leerders in ons skool plek te maak. Daar is vyf ekstra klasse- en een werkswinkel aangebou. | The V block was built in 2022 to make room for the increasing number of learners in our school. Five extra classrooms and one workshop have been added.

2023

Hoërskool Dinamika het die eerste fase aangepak om teen beurtkrag te werk. Die skool het ‘n 80KVA kragopwekker gekoop. Dit is lekker om te sê dat elke klas in die skool tenvolle elektrisiteit het gedurende beurtkrag. Die skool het ‘n energie-komitee aangestel. Die komitee is reeds besig met die beplanning van Fase 2 wat sonkrag en battery insluit. | Hoërskool Dinamika has started the first phase to work against load shedding. The school bought an 80KVA generator. It is nice to say that every class in the school has full electricity during load shedding. The school has appointed an energy committee. The committee is already planning Phase 2 which includes solar power and batteries.

Fase 1 van die boorgat is voltooi. Ons bedank graag elke persoon wat deel is van die projek. Die boorgat word geboor en ons het water. Fase 2 sal binnekort begin en sal die installering van die boorgatpomp en watertenks insluit

Phase 1 of the borehole is complete.  We would like to thank each and every person who is part of the project. The borehole is drilled and we have water. Phase 2 will start soon and will include the installation of the borehole pump and water tanks