Die storie van ons skool se hengelspan:
Die skoleliga het die 26ste Januarie afgeskop en ons hengelaars is verskriklik opgewonde oor hulle liga en die skole teen wie hulle hengel soos Jeppe, EG Jansen en vele meer. Ons hengelaars kan nie wag om die waters te toets nie, te wys wie hulle is en dat al die harde werk wat hulle ingesit het en al die lang ure die moeite werd was. Ons hengelspan is al 5 uur in die oggende op naweke by die viswaters reg vir die dag se hengel wat op hulle wag . Juan Theron graad 12 hengelaar sê dat die moeilikste ding van die sport is om die regte kombinasie van afstand en aas te hê vir die dag en die beste daarvan te maak met die tyd wat jy het.
Waar Matthys de Koker weer voel dat die vroeg opstaan vir hom die moeilikste is wanneer dit by hengel kom. So beleef elke persoon hulle sport anders.
Die volgende vraag wat by my opgekom het was: sien mense hengel as n sport of net as n stokperdjie? Die is hoe ons hengelaars dit beleef: hulle sit so baie voorbereiding in, maar mense dink hulle sit net langs die dam en wag vir ń vis om te byt. Terwyl hulle wag bou hulle nog strope en maak seker hulle afstand is reg. Leah Theron graad 9 hengelaar sê: ” When I tell people I do angling as a sport they think it is a silly thing and not an actual sport” Ons hengelaars is ń span wat suksesse saam vier en elkeen in hulle span probeer opbou en nie afbreek nie. Tydens hengel kompetisies is daar baie opwinding. Nina Eksteen deel met ons dat haar beste oomblik by ń hengel kompetisie is wannneer sy die ouer seuns “outfish” en dit is vir haar ń groot beloning aan die einde van die dag. Hengel kan gesien word as ń individuele sport, maar ook as ń spansport, want ja jy vang alleen die vis, maar die visse wat jy vang en jou hele span se visse dra by tot of jou span gaan wen of nie. Dan kom ek weer terug by ons meisie hengelaars waar ek hulle gevra het of hengel meer as ń seuns -skolesport gesien word as vir die dogters en hulle antwoord is toe ja dit voel soms so, maar wanneer hulle by die liga beter doen as die seuns maak dit hulle voel dat meisies ook kan uitblink in die sport.
Hengel is verseker een interessante sport en ek wens ons hengelaars alle sterkte toe vir die res van hulle liga en weet vir ń feit hulle gaan die Namie naam hoog hou.
Geskryf deur Chloé Lombaard